Like us on Facebook Follow us on Pinterst Send us a message

Bestellings

Vir enige blom bestellings, skakel ons gerus, alle kostes sal uitgewerk word en kan dan direk in ons bank rekening inbetaal word. Ons het ook kredietkaart fasiliteite op die plaas. As ons die blomme moet aflewer moet die volle bedrag betaal word voor aflewering. Wanneer jy jou trou blomme beplan onthou altyd dat seisoene 'n groot rol speel in die beskikbaarheid van blomme. As jy blomme kies wat in seisoen is sal hulle baie goedkoper wees en volop. Onthou dat dae soos Valentein, Moeders dag en Lente dag blom pryse sal opstoot en baie duur maak. Die weer speel ook 'n groot rol in die beskikbaarheid van blomme en maak altyd seker dat jy 'n alternatief het van die begin af.


Aflewerings

Enige soort blom beskikbaar in seisoen, is bekombaar twee keer ‘n week vanaf die blommemark. Ons lewer die blomme Maandae, Woensdae en Vrydae af in Pietersburg, Donderdae in Tzaneen en Maandae en Donderdae in Naboomspruit, Nylstroom en Potgietersrus (Mookgopong, Modimolle en Mokopane) by geselekteerde afsetpunte.

Werksure

Maandae - Vrydae:
08:00 - 16:00

 
 

Kontak Ons

x
w
9
y
G
n
Enter the code without spaces.