Wanneer ‘n bruid haar troue beplan is die keuse van haar blomme een van die belangrikste asook een van die bepalende faktore wat bydra tot die kleur en tema van haar troue. Haar blomme sal deel wees van haar herinneringe verewig soos vasgevang in haar trou foto’s. Kromdraai Blomme is ‘n gevestigde familie besigheid met 36 jaar se ondervinding in die blom bedryf . Ons bied ‘n persoonlike diens en aandag aan detail om jou trou blomme se sukses te waarborg. Alle troues is uniek en ons kan jou bystaan met raad oor beskikbaarheid van blomme, kleure en temas. Ons bied ook meer as net blomme van blom bakkies, oase, linte, servette tot geskenk sakkies .
NOTA: Ons is oop vir besigheid onder vlak 1 beperkings. Alle Covid 19 reëls sal toegepas word.
insluitend: Maskers moet gedra word
1.5 meter afstand
sanitizer